Ons wil jou toerus met die karakter eienskappe wat nodig is om anders te wees.
Welkom by die Badseloop Skoolverlaterskamp website!
Verken gerus die omgewing en raak saam met ons opgewonde!
'n Skoliekamp is NIE:
- "boring" nie
- alledaags nie
- soos al die ander nie
- prekerig nie
'n Skoliekamp IS:
- "life changing"
- die grootste pret wat jy in jou lewe gehad het
- heeltemal te vinnig verby
- die ideale geleentheid vir 'n ontmoeting met die Here tussen ander wat Hom liefhet
Skoliekampe is bedoel vir Graad 11 en 12 leerders.
Die kamp is nie slegs 'n wegbreek geleentheid nie, maar word ingespan om vir jou lewensvaardighede te leer.
Die kamp personeel bestaan uit predikante van die NG Kerk, maatskaplike en sielkundige hulp en 'n spul jong mense wat almal opgewonde Christene is en spesiaal gekeur is vir die kamp.
Die Skoolverlaterskamp se mission is om jou tips te gee vir die volwasse lewe dat jy nie net sal survive in 'n moeilike wêreld nie, maar sal thrive. Dit alles in 'n lewe saam met Christus.

